Gedurende die laaste week van die Julie vakansie het die VEK in Drie Riviere ‘n kinderklub gehou vir al die laerskoolleerlinge van die omgewing.
35 Entoesiastiese kinders was elke dag saam vir hierdie pretdraf deur die Nuwe Testament. Die temas van die verskillende dae was: Jesus het gekom; Jesus gee om; Jesus gee Homself; Jesus gee die Heilige Gees; en Jesus kom weer.
Die kinders het deur middel van gebare, stories en speletjies die 77 hoof persone, gebeure en plekke van die Nuwe Testament geleer en kon dit in twee minute opsê aan die einde van die week. Teen Vrydagmiddag toe ons klaar is, vra die kinders wanneer doen ons dit weer? Kan hulle volgende vakansie weer kom?
Vir meer inligting oor Kids in the Book, gaan na www.bible.org.za of kontak 011-782 4222.